HJ

& Leandri

0 Dae
0 Ure
0 Minute

Ons storie

Ons het mekaar in 2020 ontmoet, midde-in Covid - Leandri in Lydenburg, HJ in Ottosdal. Vir 2½ jaar het ons mekaar net deur ’n foonskerm geken voordat ons uiteindelik in persoon ontmoet het. Al het ons meer as een keer probeer, was die tyd en afstand nooit heeltemal reg nie - maar ons het nog altyd weer bymekaar uitgekom. Maak nie saak wat gebeur het in die lewe nie, ons het ons pad terug na mekaar gevind.

 

Toe Leandri op ’n dag met groot selfvertroue vir HJ sê dat as hulle hierdie keer regtig probeer, hy nie weer Amerika toe kan gaan nie…  en wel, kyk waar staan ons nou.

 

Al was ons pad lank, was die fondasie dieselfde: twee mense wat hul harte op mekaar verloor het, saam gebid het, aanhoudend saam lag, onvoorwaardelik lief is vir mekaar en elke dag mekaar kies.

 

Hierdie is die dag waarop ons weer vir mekaar die belofte maak om die kronkel- en modderpaaie van die lewe saam te stap, lief te bly en mekaar elke dag te kies.

 

Ons nooi jou hartlik uit om hierdie belofte saam met ons te kom vier.

Teen 15 Maart 2026.

 

Die RSVP - vorm het ’n dropdown met al die gaste se name. Kies asseblief die toepaslike gastegroep en selekteer die regte opsie: of die gas gaan bywoon of nie.

RSVP

R S V P 

Kleredag:  Formeel. Ons versoek dat gaste pastel groen en blou vermy, want hierdie kleure is spesiaal gereserveer vir die “I Do Crew”. 

Venue:

Seremonie

Wie kan ek kontak die oggend van die troue?

Ons vra mooi dat gaste nie die bruid of bruidegom die oggend van die troue kontak met vrae nie. Hulle het ’n ongelooflike span mense agter hulle wat al julle vrae sal kan beantwoord.

Indien nodig, kontak:

Rone: 082 785 0021

Attel: 082 785 0031

Annelie: 083 984 8012

Pieter: 073 519 7661

JW: 083 852 0696

Selfone tydens die seremonie?

Dit is ’n selfoonvrye seremonie. Ons vra baie mooi dat gaste nie foto’s neem tydens die seremonie nie. Ons wil hê julle moet teenwoordig wees vir elke oomblik. Ons het volle vertroue in ons fotograaf en vra dat gaste hierdie vertroue ook sal deel. 

 

Moenie bekommer nie — fotos van die kuier tydens die onthaal kan opgelaai word deur ’n spesiale QR-kode wat die dag van die troue gedeel sal word.

Wie kan ek kontak die oggend van die troue?

Ons vra mooi dat gaste nie die bruid of bruidegom die oggend van die troue kontak met vrae nie. Hulle het ’n ongelooflike ondersteuningsraamwerk agter hulle wat al julle vrae sal kan beantwoord.

Indien nodig, kontak:

Roné: 082 785 0021

Attel: 082 785 0031

Annelie: 083 984 8012

Pieter: 073 519 7661

JW: 083 852 0696

Is daar 'n kroeg?

Daar is ’n kroeg in die onthaalsaal met kaart- en kontantfasiliteite beskikbaar. Ons voorsien ook ’n ietsie tydens die heildronke vir die aand.

Ons vra asseblief dat gaste nie hul eie koelbokse of drank na die venue bring nie. Enigiemand wat hierdie reël oortree, sal gevra word om die troue te verlaat.

Mag ek 'n metgesel bring?

Ons verstaan heeltemal dat almal graag iemand saam wil bring! Vir hierdie dag het ons egter besluit om dit ‘n intieme en spesiale viering te maak saam met die mense vir wie ons die liefste is. Metgeselle is dus slegs per uitnodiging toegestaan, en dit sal duidelik op jou uitnodiging aangedui wees. Ons waardeer julle begrip en kan nie wag om hierdie dag saam met julle te vier nie!

Is kinders welkom?

Met liefdevolle oorweging het ons besluit om die dag as ’n kinder-vrye geleentheid te vier. Ons waardeer julle begrip en sien daarna uit om hierdie besondere oomblik saam met julle te deel.

Bank: FNB/RMB
Account Holder: Leandri van der Merwe
Account Type: Savings Account

Account Number: 63193738392
Branch Code: 250655

Die grootste geskenk is egter dat jy saam met ons kan wees om hierdie dag te vier. Ons waardeer elkeen van julle opreg.

Jou teenwoordigheid op ons spesiale dag is vir ons reeds die grootste geskenk. 

 

As jy egter die wens voel om ons verder te ondersteun, sal ons enige bydrae vir ons wittebrood of huisinhoud met opregte waardering ontvang. Kontantdonasies kan gerus na die volgende rekening gemaak word. Gebruik asseblief jou naam as verwysing:

Vrae?

Wittebrood

Stuur die volgende inligting deur na die gastehuis wat verkies word(kliek op gastehuisnaam): 

  1. Gas is deel van Kriel-troue

  2. Name van gaste

  3. Datums van verblyf

  4. Hoeveelheid kamers benodig word

Ons weet baie van julle kom van ver, daarom het ons spesiale reëlings getref met ’n paar gastehuise. Julle kan hulle kontak en net noem dat julle deel is van die Kriel-troue om van die spesiale tariewe te kan gebruik.

Akkomodasie

HJ & Leandri

02-05-2026